SAAMWOON – HUIDIGE VERWIKKELINGE

SAAMWOON – HUIDIGE VERWIKKELINGE

Die onlangse saak van Jane Bwanya v Meester van die Hooggeregshof, Kaapstad en Ander (20357/18) [2020] ZAWCHC 111; 2020 (12) BCLR 1446 (WCC); 2021 (1) SA 138 (WCC) (28 September 2020) het tot gevolg gehad dat die regserkenning wat aan saamwoonverhoudings gegee word verbreed. Voor die oorledene se dood was hy en die applikant in die saak, Jane Bwanya, in ‘n toegewyde saamwoon verhouding met die intensie om na afloop van die lobola onderhandelings te trou. Die applikant in die saak het die grondwetlikheid van beide die Wet op Intestate Erfopvolging en die Wet op Onderhoud van Langslewende Gades in die saak bevraagteken. Die saak herdefinieer die term “eggenoot” in die Wet op Intestate Erfopvolging om lede tot ‘n langtermyn saamwoonverhouding in te sluit en beinvloed dus die verdeling van bates in ‘n intestate boedel.

Die applikant het die grondwetlikheid van Artikel 1(1) van die Wet op Intestate Erfopvolging bevraagteken omdat dit op die gronde van geslag, seksuele orientasie en huwelikstatus diskrimineer teenoor haar en vrouens in soortgelyke omstandighede. Sy was ook van mening dat dit haar konstitusionele reg tot waardigheid en gelykheid skend. Insake Artikel 1 van die Wet op Onderhoud van Langslewende Gades, was die applikant van mening dat die Konstitusie sy beskerming moet verleng na die langslewendes van ander tipes verhoudings byvoorbeeld, ‘n permanente heteroseksuele lewenslange verhouding, waar beide partye onderneem om mekaar te ondersteun.

In die meerderheidsuitspraak, was daar besluit dat die definisie van die term “langslewende”, onkonstitusioneel is en dat die volgende ingesluit moet word: “en sluit die langslewende gade van ‘n permanente, lewenslange verhouding in wat getermineer word deur afsterwe van die een gade, waar die gades onderneem het om mekaar te ondersteun en in omstandighede waar die langslewende gade nie ‘n eweredige aandeel in die oorledene gade se boedel gekry het nie”. “Eggenoot” en “huwelik” was ook verklaar om ‘n persoon in ‘n permanente lewenslange verhouding in te sluit.

Die meerderheidsuitspraak het verder die gevolgtrekking gehad dat Artikel 1(1) van die Wet op Intestate Erfopvolging onkonstitusioneel is en het die Parlement 18 maande gegee om dit te wysig.

Die uitwerking van die bogenoemde saak is dat die pad vorentoe vir verskeie vorme van langtermyn verhoudings, wettig gebind of nie, deur die Wet beskerm sal word en die langslewende gades ‘n eis teen die boedel het vir onderhoud.

 

Artikel deur Faffa Swart, Kandidaat Prokureur

Vir meer inligting, kontak gerus Kelly Fourie by kelly@rgprok.com of 044 601 9900.

 

__

Vrywaring
Geen inligting in hierdie publikasie vervat sal geag wees die lewering van regsadvies te wees in spesifieke aangeleenthede nie. Lesers sal verantwoordelik wees om sodanige regsadvies van hulle eie regsspan te ontvang. Hierdie publikasie is slegs vir opvoedkundige en inligtingsdoeleindes.

0

Related Posts

Hoe Artikel 2(3) van…

When it comes to wills, intent can sometimes matter more than strict compliance with form. There are many instances where a person drafts or signs a will, but when the…
Read more

Hoe Artikel 2(3) van…

Intensie kan meer gewig dra as die vormvereistes wanneer dit by testamente kom. Daar is baie gevalle waar ’n persoon ’n testament uitvoer maar wanneer dit by die beredding van…
Read more

ONROERENDE EIENDOM KOOPKONTRAKTE –…

Opskortende voorwaardes in 'n koopkontrak vir onroerende eiendom is klousules wat die werking van die kontrak opskort totdat 'n bepaalde voorwaarde nagekom word. Algemene voorbeelde sluit in dat die koper…
Read more