
R Maritz (Ruben)
Assosiaat
LLB
Fokus Areas:
Siviele Litigasie, Egskeidings, Uitsettings, Invorderings en Beskermingsaansoeke
Professionele Ondervinding
Ruben het in 2019 sy LL.B regsgraad aan NWU Potchefstroom verwerf. Hy het in 2020 as ‘n kandidaatprokureur by Rauch Gertenbach Prokureurs aangesluit en is in Januarie 2022 as ‘n Praktiserende Prokureur van die Hooggeregshof toegelaat.
Ruben spesialiseer in Algemene Siviele Litigasie, Egskeidings, Uitsettings, Invorderings en Beskermingsaansoeke. Hy het ‘n passie en ‘n natuurlike aanvoeling vir litigasie en benader elke aangeleentheid vanuit ‘n praktiese oogpunt om die beste en mees koste-effektiewe resultaat vir sy kliënte te behaal.
Hy poog verder om altyd ‘n doeltreffende en persoonlike diens aan sy kliënte te lewer deur elke aangeleentheid met die nodige sorg en ywer te hanteer en sal nie skroom om die nodige aksie te neem om sy kliënte se belange in enige situasie te beskerm nie.



