Mandament van Spolie: beskerming teen die onregmatige ontneming van besit

Mandament van Spolie: beskerming teen die onregmatige ontneming van besit

‘n Gevestigde regsbeginsel in Suid-Afrika is dat ‘n gegriefde party nie die reg in eie hande mag neem nie, maar eerder die gepaste regsprosedures moet volg ten einde die gewenste uitkoms te bereik. Onregmatige ontneming van besit van roerende/ onroerende eiendom is, ondanks die voorafgaande regsbeginsel, ‘n voortdurende en toenemende kommer, veral inaggenome die groeiende ekonomiese druk op individue in Suid -Afrika. Ons regstelsel beskryf ‘n remedie wat tussentydse verligting bied aan persone wat van hul besit ontneem is, sonder dat die nodige regsprosedures gevolg is.

Die Mandament van spolie is ‘n ou gemeenregtelike remedie in Suid-Afrika, andersins bekend as ‘n Spoliasie -aansoek. ‘n Spoliasie -aansoek bied beskerming teen ‘n gegriefde party wat ‘n ander party se besit van roerende/ onroerende eiendom op ‘n onregmatige wyse ontneem, sonder om wetlik te bewys dat sodanige persoon  inderdaad nie op so ‘n reg geregtig is nie. Dit is ‘n buitengewone remedie, wat gewoonlik op ‘n dringende basis deur middel van ‘n aansoek gebring word. In so ‘n aansoek van spoliasie, moet die Applikant die volgende beweer en bewys:

  1. dat hy/ sy in vreedsame en onversteurde besit van die eiendom was,
  2. dat die respondent hom/ haar van sodanige besit ontneem het en
  3. dat sodanige ontneming van besit op ‘n onregmatige wyse en sonder die toestemming van die aaplikant geskied het.

Dit is belangrik om te beklemtoon dat die applikant nie nodig het om ‘n reg op eienaarskap te bewys nie. Dit beteken dat die applikant in die Mandament van Spolie aansoek nie die regmatige eienaar van die eiendom hoef te wees om sodanige aansoek te bring nie. Hierdie stelling kan verduidelik word deur die volgende voorbeeld: ‘n dief steel jou voertuig. Jy neem reg in eie hande en neem jou voertuig ‘n paar weke later op ‘n onwettige wyse terug in jou besit. Die dief kan ‘n aansoek teen die eienaar bring vir die onregmatige ontneming van sy/ haar vreedsame en onversteurde besit van die voertuig.

‘n Hofbevel wat toegestaan word in terme van die bogemelde remedie is nie ‘n finale bepaling van die regte van eienaarskap nie, maar verskaf dit onmiddellike tussentydse verligting met betrekking tot die besit daarvan.

Ontneming van besit van eiendom kan verskeie vorms aanneem en kan alle verskeie situasies onmoontlik in hierdie artikel bespreek word. Dit strek van die situasie waar jy fisies van roerende eiendom ontneem word tot die situasie waar jy uit onroerende eiendom gesluit word deur die verhuurder wat die slotte verander. Indien jy of enige iemand wat jy ken ‘n slagoffer is van ‘n gegriefde party wat die reg in eie hande neem, moenie huiwer om gebruik te maak van hierdie remedie wat aan jou beskikbaar is nie.

Vir meer inligting, kontak gerus Erika Oosthuizen by erika@rgprok.com

__

Vrywaring
Geen inligting in hierdie publikasie vervat sal geag wees die lewering van regsadvies te wees in spesifieke aangeleenthede nie. Lesers sal verantwoordelik wees om sodanige regsadvies van hulle eie regsspan te ontvang. Hierdie publikasie is slegs vir opvoedkundige en inligtingsdoeleindes.

0

Related Posts

“VERSTEEKTE” KOSTES VERBONDE AAN…

Daar is baie min dinge so opwindend, dog senutergend, soos om vir die eerste keer eiendom te koop of verkoop. Alhoewel ‘n eiendomsagent (in die meeste gevalle) en transportbesorger aangestel…
Read more

Minderjarige kinders en vaste…

Die Kinderwet No. 38 van 2005 en Suid-Afrikaanse gemenereg bepaal dat alle persone onder die ouderdom van 18 jaar as minderjarig beskou word en beperkte kontraktuele kapasiteit het.  ’n Geldige…
Read more

Om te verseker of…

Verseker, baie geluk! Wat nou? Daar word gesê dat daar slegs 2 soorte voertuigbestuurders is: diegene wat in 'n botsing betrokke was en diegene wat nog in 'n botsing betrokke…
Read more