IS JY GEAFFEKTEER DEUR DIE NUWE UITSPRAAK INSAKE DIE VERDELING VAN BATES TEN TYDE VAN ‘N EGSKEIDING?

IS JY GEAFFEKTEER DEUR DIE NUWE UITSPRAAK INSAKE DIE VERDELING VAN BATES TEN TYDE VAN ‘N EGSKEIDING?

Die uitspraak in die Pretoria Hooggeregshof in GKR v Minister of Home Affairs and Others, Gauteng Division het aansienlike verandering gebring vir eggenote wat buite gemeenskap van goedere sonder die aanwasbedeling getroud is, en wat ‘n egskeiding oorweeg. Hierdie uitspraak het artikel 7(3)(a) van die Egskeidingswet strydig met die Grondwet verklaar en is na die Konstitusionele Hof verwys vir bevestiging.

Wanneer eggenote buite gemeenskap van goedere sonder die aanwasbedeling getroud is, hoort die bates wat voor en tydens die huwelik verkry is aan die onderskeie eggenote om aan te wend soos elkeen wil. Eggenote wat na 1 November 1984 getroud is kon nie eise teen mekaar se bates instel ten tyde van ‘n egskeiding nie.

Wanneer eggenote buite gemeenskap van goedere met die aanwasbedeling getroud is, kan die eggenoot met die kleinste aanwas automaties ‘n eis instel vir helfte van die verskil van die ander eggenoot se aanwas.

Die volgende bespreking is slegs van toepassing op eggenote wat buite gemeenskap van goedere sonder die aanwasbedeling getroud is.

Volgens artikel 7(3)(a) het howe slegs die diskresie om bates onder eggenote wat volgens hierdie huweliksbedeling te herverdeel indien die eggenote getroud is voor 1 November 1984 (toe die nuwe Wet op Huweliksgoedere bewerkstelling is). Met ander woorde, howe kon nie bates herverdeel onder eggenote wat skei wie na 1 November 1984 getroud is nie.

Die reg tot gelykheid in artikel 9(1) van die Grondwet lees: “almal is gelyk voor die reg en het die reg tot gelyke beskerming en voordeel van die reg”. Artikel 7(3)(a) was onkonstitusioneel verklaar omrede dit diskrimineer teenoor eggenote op grond van die datum waarop hulle getroud is. Eggenote wie na 1 November 1984 getroud is kon nie howe benader vir ‘n herverdelingsbevel op gronde van hul onderskeie bydrae tot die ander eggenoot se “onderhoud en boedelgroei gedurende die bestaan van die huwelik” nie. Na jare se getroude lewe kon die eggenoot wat bygedra het tot die ander se wins en welvaart in armoede gedompel word na ‘n egskeiding.

Die uiteinde van hierdie uitspraak is dat eggenote gekompenseer kan word vir hul bydrae tydens die huwelik tot die mate wat howe dit regverdig en billik bevind. Artikel 7(5) bevat faktore wat howe sal oorweeg wanneer ‘n herverdelingsbevel gemaak word en sluit die volgende in:

    • – Die bestaande vermoëns en verpligtinge van die eggenote;
    • – Donasies tydens die huwelik;
    • – Enige ander faktore wat in die hof se opinie oorweeg moet word (onderhandelingskrag tussen eggenote, bydrae van tyd, dienste en uitgawes, finansiële posisies ens).

 

Al word ‘n huweliksvoorwaardekontrak gereguleer deur kontrakvryheid, is dit steeds onderhewig aan geregtelike diskresie wat die hof toelaat om die kontrak te wysig of te ignoreer. Hierdie uitspraak laat howe toe om af te wyk van die voorwaardes in ‘n huweliksvoorwaardekontrak wanneer ‘n herverdelingsbevel gemaak word. Dit is egter belangrik om te besef dat die hof hierdie bevel sal toestaan om onregverdige finansiële ongelykheid tussen eggenote aan te spreek en nie om eggenote in gelyke finansiële posisies te plaas nie.

Indien u vermoed dat hierdie uitspraak op u van toepassing is, gaan lees dit gerus by: https://media.lawlibrary.org.za/files/judgments/zagpphc/2022/3/2022-zagpphc-3_0.pdf

 

Artikel deur: Suegnet van Rensburg (LLB), Kandidaat Prokureur

Vir meer inligting, kontak gerus vir Suegnet, suegnet@rgprok.com of 044 601 9900.

__

Vrywaring
Geen inligting in hierdie publikasie vervat sal geag wees die lewering van regsadvies te wees in spesifieke aangeleenthede nie. Lesers sal verantwoordelik wees om sodanige regsadvies van hulle eie regsspan te ontvang. Hierdie publikasie is slegs vir opvoedkundige en inligtingsdoeleindes.

1

Related Posts

Retensieregte in Oordrag van…

Wanneer eiendom gekoop of verkoop word, fokus die meeste mense op die prys, ligging of papierwerk. Wat dikwels oor die hoof gesien word – totdat dit probleme veroorsaak – is…
Read more

Die regsposisie rondom Huurdeposito’s:…

Of jy nou 'n tuinwoonstel verhuur of jou eerste huis huur, een kwessie is feitlik altyd die grootste bron van geskille aan die einde van 'n huurooreenkoms: die deposito. Huurders…
Read more

Deel 1: Oordrag van…

Wanneer 'n persoon te sterwe kom, moet hul boedel – wat al hul bates en laste insluit – volgens die bepalings van hul testament en/of toepaslike wetgewing verdeel word. Hierdie…
Read more