Geagte Rauch Gertenbach Kliënt,
Ons is steeds beskikbaar om aan u die beste diens moontlik te lewer!
Onderwyl ons land van Vrydagoggend 00h00 onder ‘n volle staat van inperking sal wees, sal die ratte binne Rauch Gertenbach steeds aan die draai bly deur:
Daar sal gevalle wees waar ons funksionering afhanklik sal wees van instansies soos die Meester van die Hooggeregshof, Landdroshowe, die Akteskantoor, banke ens. Ons sal u instruksie egter te alle tye uitvoer so vêr as wat die sisteem ons toelaat. Ons sal gereed wees met opgestelde dokumente sodra bogenoemde kantore oopmaak.
Indien u onseker is oor die dienste wat ons steeds bied, besoek gerus ons webwerf by, www.rgprok.co.za , waar u ook die korrekte inligting aangaande relevante kontakpersone sal vind.
Dankie vir u volgehoue ondersteuning. Ons vertrou en hoop dat u en u geliefdes gesond bly en alles in u vermoë sal doen om uself te beskerm gedurende hierdie tyd.
Sou u enige voorstelle hê of met ons wil kommunikeer, kan u ons gerus kontak by office@rgprok.com of direk met enige direkteur wie se kontakbesonderhede u het of op ons webwerf sal vind.
Vriendelike groete
DIE RAAD VAN DIREKTEURE




