Die vrywillige likwidasie van solvente en insolvente maatskappye en beslote korporasies met ‘n resolusie, die aanstelling van likwidateurs en vergaderings.

Die vrywillige likwidasie van solvente en insolvente maatskappye en beslote korporasies met ‘n resolusie, die aanstelling van likwidateurs en vergaderings.

Artikel 80 van die Maatskappye Wet 71 van 2008, maak voorsiening vir die vrywillige likwidasie van solvente maatskappye en BK’s.  ‘n Solvente maatskappy of BK kan vrywillig gelikwideer deur ‘n spesiale besluit by CIPC te liasseer wat deur die lid/lede of die aandeelhouer(s) geteken word.  ‘n Solvente maatskappy of BK word gewoonlik vrywillig gelikwideer wanneer dit sy doel bereik het of as dit nie in die afsienbare toekoms verder bedryf gaan word nie.

‘n Likwidateur word deur die aandeelhouer(s) of lid/lede genomineer wanneer die spesiale besluit geliasseer word.  Na aanstelling van die Likwidateur, sal laasgenoemde voortgaan om die bates te realiseer waarna die Likwidasie en Distribusierekening opgestel sal word.  Die dividend wat beskikbaar is nadat die koste van die administrasie verhaal is van die opbrengs sal, sodra die rekening deur die Meester bekragtig is, aan die lid/lede of aandeelhouer(s) betaal word.

Artikel 351 van die Maatskappye Wet van 1973 daarenteen maak voorsiening vir die vrywillige likwidasie van ‘n insolvente maatskappy of BK deur die liassering van ‘n spesiale besluit deur krediteure by CIPC.  ‘n Besluit deur krediteure word steeds deur die aandeelhouer(s) of die lid/lede onderteken, maar word geliasseer omdat dit feitelik of handelsinsolvent is.

In die geval waar ‘n insolvente maatskappy of BK gelikwideer word met ‘n spesiale besluit deur krediteure, nomineer die krediteure ‘n likwidateur vir aanstelling deur die Meester in terme van hulle beleid. Die Meester stel die likwidateurs van ‘n maatskappy voorlopig aan en is die Meester verantwoordelik om die eerste vergadering van krediteure te belê.  ‘n Likwidateur van ‘n BK word finaal aangestel en belê die eerste vergadering. Krediteure is geregtig om te stem vir ‘n finale of ‘n verdere likwidateur op die eerste vergadering nadat ‘n eis teen die boedel bewys is.

Die finale likwidateurs is verantwoordelik om die tweede vergadering te belê en ‘n verslag voor te berei wat aan al die krediteure voorsien moet word.  Die verslag handel met die bates en laste van die boedel, of ‘n gevaar van kontribusie bestaan of nie en hoe die boedel afgehandel gaan word nadat die resolusies deur die krediteure wat eise bewys het, aanvaar is.

In die geval van ‘n BK kan resolusies reeds by die eerste vergadering aanvaar word, wat die likwidateurs in staat stel om onmiddellik met die bates te begin handel

Die likwidateurs moet ‘n spesiale vergadering belê vir die bewys van eise wat binne drie maande nadat die tweede vergadering gesluit is, ontvang is.  Enige krediteur wat ‘n eis wil bewys na die voorgenoemde periode, moet die Meester se toestemming bekom vir ‘n verdere spesiale vergadering om belê te word.

Indien ‘n maatskappy of BK gederegistreer word sonder om dit te likwideer, word die lid/lede of direkteur(e) persoonlik aanspreeklik vir die skulde van die entiteit.

Artikel deur: Anél Cloete BCom, LLB.

Vir verdere inligting kan u ons kontak by acloete@rgprok.com of  044 601 9900 of www.rgprok.com

0

Related Posts

Retensieregte in Oordrag van…

Wanneer eiendom gekoop of verkoop word, fokus die meeste mense op die prys, ligging of papierwerk. Wat dikwels oor die hoof gesien word – totdat dit probleme veroorsaak – is…
Read more

Die regsposisie rondom Huurdeposito’s:…

Of jy nou 'n tuinwoonstel verhuur of jou eerste huis huur, een kwessie is feitlik altyd die grootste bron van geskille aan die einde van 'n huurooreenkoms: die deposito. Huurders…
Read more

Deel 1: Oordrag van…

Wanneer 'n persoon te sterwe kom, moet hul boedel – wat al hul bates en laste insluit – volgens die bepalings van hul testament en/of toepaslike wetgewing verdeel word. Hierdie…
Read more