Die verskil tussen algemene volmag en die aanstelling van ‘n kurator/ administrateur
Die daaglikse lewe bestaan uit die maak van besluite. Vandat jy opstaan in die oggend tot jy gaan slaap, staar daar ‘n magdom besluite jou vierkantig in die oë. Sommige van hulle is belangriker as ander, sommige baie moeiliker as ander.
Voordat enige individu ‘n regsbesluit met erkende regsgevolge kan/mag neem, moet daardie individu oor die nodige regsbevoegdheid beskik. Dit beteken dat die individu verstandelik bevoeg moet wees om die aard van die regshandeling te verstaan, die gevolge daarvan te begryp en in staat moet wees om dienooreenkomstig ‘n ingeligte besluit te kan neem. Ongelukkig bestaan daar situasies waar ‘n individu nie oor sodanige verstandelike vermoë beskik nie en enige regsbesluit wat deur sodanige individu geneem word sal geen regsgevolge inhou nie. Dit sluit, onder andere in, gevalle van geestesversteurings, brein beserings, Dementia en Alzheimer siekte. Ons kan onsself egter nie blindstaar aan die statistiek wat bewys dat hierdie tipe situasies meer algemeen onder ouer persone voorkom nie, alle individue van jonk na oud moet bewus wees van die gevolge indien so situasie oor hul pad sou kom.
Die grootste bekommernis wanneer dit by hierdie tipe aangeleenthede kom, is dat die besluit om aan iemand die mag te gee om jou sake te behartig oorhaastig gemaak word en gevolglik ‘n oningeligte besluit is. Daar bestaan ‘n baie belangrike verskil tussen die verleen van ‘n volmag en die aanstelling van ‘n kurator/administrateur om jou sake te behartig. Eersgenoemde is ‘n formele dokument wat aan ‘n agent die mag gee om namens die individu op te tree. Dis is baie belangrik om te weet dat ‘n volmag slegs geldig is insover die prinsipaal (die individu wat die mag aan die agent verleen) verstandelik bevoeg is om sy/ haar eie sake te kan behartig. Die implikasie hiervan is dan dat ‘n volmag automaties beïndig word met die verval van die individu se verstandelike bevoegdheid.
Twee opsies wat oorweeg kan word in gevalle, soos hierbo genoem, is waar ‘n aansoek gebring word na die Hooggeregshof vir aanstelling as kurator, andersins ‘n aansoek vir aanstelling van ‘n administrateur in terme van die Wet op Geestesgesondheid 17 van 2002 deur die Meester van die Hoëhof. Hierdie twee opsies verleen aan ‘n agent die behoorlike magtiging om namens ‘n individu, wat verstandelik onbevoeg is om sy/ haar aangeleenthede te hanteer, sodanige aangeleenthede te hanteer. ‘n Aansoek om kuratorskap deur middel van die Hooggeregshof is ‘n tydrowende en duur proses, waarteenoor ‘n aansoek om aanstelling as administrateur vinniger en meer koste effektief is.
Dit is baie belangrik om te onthou dat geen persoon/agent namens ‘n individu kan/mag optree sonder die behoorlike magtiging om dit te doen nie. Dit is duidelik baie belangrik om die verskil tussen ‘n volmag en die aanstelling van ‘n kurator/administrateur te verstaan ten einde ‘n ingeligte besluit te maak wat betref die toekomstige beharting van sake van individue in hierdie situasies.
Artikel deur Erika Oosthuizen (Kandidaat Prokureur)
Vir enige navrae of meer inligting, kontak ons by 044 601 9900 of office@rgprok.com. www.rgprok.co.za .
One of the consequences of the lockdown that companies and close corporations (“companies”) will face, is the negative impact on their cashflow and the threat to the business’ survival. Adding the impact of the downgrading of our economy makes the picture even more frightening…For the full article, Download/ View the link below or contact us directly for enquiries, contact Basson Piek or Danie Acker at office@rgprok.com or 044 601 9900.