DIE MISBRUIK VAN SEKWESTRASIEPROSEDURE EN DIE GEVOLGE DAARVAN

DIE MISBRUIK VAN SEKWESTRASIEPROSEDURE EN DIE GEVOLGE DAARVAN

 

Misbruik en/of wanindruk– noem dit wat jy wil, eerlikheid is die beste opsie. Dikwels word die Suid-Afrikaanse Regstelsel ongelukkig gekonfronteer met partye wat nie eerlik, direk en deursigtig met hul handelinge voor die Hof is nie. Dit is baie bekend dat die Suid-Afrikaanse Insolvensiereg ten doel het om voorsiening te maak vir ‘n billike verdeling van die skuldenaar se eiendom tot voordeel van die krediteure, terwyl daar geen voordeel vir die skuldenaar moet wees nie. In die saak van Ex Parte Snooke 2014 (5) SA 426 (FB) het dit neergekom tot die misbruik van sekwestrasieprosedure.

Hierdie saak hou verband met ‘n dringende rehabilitasie, met inagneming van ‘n sekwestrasie-aansoek, wat vir die doel of manier gebruik is wat aansienlik verskil van die gewone of die hoofdoel daarvan. Die aansoek is, onder meer, gegrond op die feit dat geen eise ná die sekwestrasieprosedure teen die insolvente boedel ingedien is nie. Rehabilitasie is dus geloods ooreenkomstig met Artikel 124(3) van die Insolvensiewet, 24 van 1936, soos gewysig.

Beide die Meester van die Hooggeregshof en die ander Trustee het geen beswaar aangeteken teen die toestaan van die prosedure en dit wat versoek word nie en is nie die fokusarea van die artikel nie.  Die tekortkominge wat deur die Hof geopper is, is egter in hierdie artikel van belang. Een van die belangrike tekortkominge was dat die verklaring van sakebedrywighede nie volledig in die aansoek uiteengesit is nie, vanwaar vele vrae ontketen is. Buitensporige fooie is gehef, en die Hof was onder ‘n wanindruk geplaas. Die tydsraamwerk  vir die indiening van eise was ook baie beperk, gegewe die posisie van die krediteure.

Gevolglik het die Hof gelas dat die rehabilitasieproses, met sekere spesifieke aanwysings, uitgestel word om, onder andere, meer kennis (insluitend verduideliking) aan die krediteure te gee vir enige moontlike eise. Die belangrikste faktor hier is dat volledige openbaarmaking aan die Hof altyd vereis word, dat nakoming uiters belangrik is, en in casu, krediteure ten beste voordeel moet trek uit ‘n sekwestrasieprosedure.

Sekwestrasieprosedure is ‘n kragtige instrument wat slegs vir sy spesifieke doel gebruik moet word en ‘n laaste uitweg is om skuld ooreenkomstig die Wet te verhaal. Die wetgewer het heel waarskynlik in gedagte gehad dat ‘n sekwestrasie primêr tot voordeel van krediteure moet wees en nie insolvente persone nie.

Dit is dus van kritieke belang dat, met die oorweging van sekwestrasie en die opvolgende rehabilitasieproses, eise van krediteure nie omseil moet word nie. Enige misbruik van die proses kan natuurlik ernstige negatiewe gevolge hê.

Artikel deur Marinus Barnard (LLB), Assosiaat.

Vir meer inligting, kontak Marinus gerus by marinus@rgprok.com of 044 601 9900.

__

Vrywaring
Geen inligting in hierdie publikasie vervat sal geag wees die lewering van regsadvies te wees in spesifieke aangeleenthede nie. Lesers sal verantwoordelik wees om sodanige regsadvies van hulle eie regsspan te ontvang. Hierdie publikasie is slegs vir opvoedkundige en inligtingsdoeleindes.

0

Related Posts

Hoe Artikel 2(3) van…

When it comes to wills, intent can sometimes matter more than strict compliance with form. There are many instances where a person drafts or signs a will, but when the…
Read more

Hoe Artikel 2(3) van…

Intensie kan meer gewig dra as die vormvereistes wanneer dit by testamente kom. Daar is baie gevalle waar ’n persoon ’n testament uitvoer maar wanneer dit by die beredding van…
Read more

ONROERENDE EIENDOM KOOPKONTRAKTE –…

Opskortende voorwaardes in 'n koopkontrak vir onroerende eiendom is klousules wat die werking van die kontrak opskort totdat 'n bepaalde voorwaarde nagekom word. Algemene voorbeelde sluit in dat die koper…
Read more