Deeltitel Eenhede: Wie betaal vir onderhoud en herstelwerk?
Ons ontvang gereeld navrae aangaande wie verantwoordelik is vir die betaling van onderhoud en herstelwerk by deeltitel eenhede / -komplekse .
Die eenvoudige en kort antwoord tot hierdie kwessie is dat die Deeltitel-bestuurswet bepaal dat dit die beheerliggaam se verantwoordelikheid is om alle gemeenskaplike eiendom te onderhou en om dit deurentyd in ‘n diensbare toestand te hou, onderwyl eienaars ‘n verantwoordelikheid het om hulle eie gedeeltes in goeie en diensbare toestand te hou.
Gemeenskaplike eiendom sluit in die “buite dop”, muur, dak, deur, en venster van die gebou wat ‘n grens vorm met die gemeenskaplike eiendom. Die Deeltitelwet verwys na ‘n “mediaan-lyn” om te bepaal waar die presiese grenslyn tussen 2 gedeeltes of tussen ‘n gedeelte en die gemeenskaplike eiendom is. In kort is die mediaan-lyn die middel van ‘n muur, vloer of plafon, maar die hele dak vorm deel van gemeenskaplike eiendom. Dienooreenkomsitg sou die verantwoordelikheid vir herstelwerk en onderhoud afhang van watter kant van die mediaan-lyn die werk vereis. In die geval van ‘n bad wat lek op die eerste vloer en gevolglik skade veroorsaak vir ‘n eienaar op die grondvloer, sal dit die eienaar op die eerste vloer se verantwoordelikheid wees om die bad asook skade op die onderste vlak te herstel. Soortgelyk, indien ‘n lekkende dak skade veroorsaak aan sekere gedeeltes, sal die verantwoordelikheid van herstel die beheerliggaam s’n wees. Onderhoud en herstelwerk aan vensters en deure in buite-mure behoort gesien te word as ‘n gelyke verantwoordelikheid tussen eienaars en die beheerliggaam.
Vir meer inligting kontak gerus enige van ons Aktebesorgers, Jaco Fourie, Maryke Landman of Paul Delport by office@rgprok.com of 044 601 9900. www.rgprok.co.za


Naturally, this is the first and foremost highlight of 2019. Rauch Gertenbach Inc. putting their foot forward in supporting SA’s finest team – GO BOKKE!!!

Airing on Algoa FM, on the Southern Cape Drive Show. The airing is a first of many to come, keep an ear open or listen to the AD right here…click to listen

Rauch Gertenbach got the opportunity to share a picture of their oldest client ????????Nontozanele Gqiba, who is 105 yrs. of age????WOW!!????

???? ???????????????????? ????????????????-???????????????? Boss’s Day 2019 ????????
Rauch Gertenbach, Danie Acker ????Being a team player. Accompanied with a crown, a superb lunch and the RGA team who put it all together for him.

Lastly, for this short-list. We are proud to have reached 1000 followers on facebook!
If you havn’t seen our informative and community based page, click the link to like us…click here????





