
Z Kruger (Zancha)
Assosiaat
Fokus Areas:
Fidusiêre Departement, Testamente en Boedeladministrasie
Professionele Ondervinding
Zancha het in 2015 aan die Hoërskool Punt in Mosselbaai gematrikuleer, waarna sy in 2020 haar LLB-graad van die Noordwes-Universiteit in Potchefstroom verwerf het. Na voltooiing van haar studies, is sy in 2021 as ‘n kandidaat-prokureur by Rauch Gertenbach-prokureurs aangestel. Sy het ook haar diploma in bestorwe boedeladministrasie in 2022 verwerf en is op 25 Augustus 2023 as ‘n Prokureur van die Hooggeregshof van Suid-Afrika toegelaat.
Zancha spesialiseer in die Fidusiêre Departement met haar hooffokus op die opstel van testamente en boedeladministrasie. Sy streef daarna om haar kliënte gemoedsrus te gee deur hul nalatenskap te beplan en hul finale wense uit te voer.



