Wat om te doen as jy in ‘n ernstige padongeluk betrokke was

Wat om te doen as jy in ‘n ernstige padongeluk betrokke was

Die Padongelukkefonds (POF) is ‘n Statutêre Versekeringsfonds wat dekking bied aan alle padgebruikers in Suid-Afrika in die geval van ‘n padongeluk. Die POF verskaf finansiële bystand aan mense wat in padongelukke beseer is of die afhanklikes van mense wat dood is in padongelukke wat die ongeluk moet voortspruit uit die nalatige bestuur van ‘n voertuig. Dit beteken dat selfs al het die bestuurder van die motor nie versekering nie, mense wat in die ongeluk beseer is, of die geliefdes van mense wat in die ongeluk dood is, betaling van die fonds kan ontvang om mediese uitgawes te help betaal en om te vergoed vir lone wat moontlik verloor het as gevolg van die ongeluk. Die uitbetaling van ‘n bedrag vir skadevergoeding deur die Padongelukkefonds kan ‘n dramatiese verskil maak aan die lewens van diegene wat deur die padongelukke beseer is, en hul gesinne. Die aanwysing van ‘n toepaslik gekwalifiseerde prokureur kan van kardinale belang wees om ‘n billike uitbetaling te bewerkstellig.

Ongeveer 1.35 miljoen mense sterf in die wêreld in padongelukke en nog 50 miljoen word ernstig beseer. In Suid Afrika sterf 26 uit elke 100 000 mense op die paaie – veel hoër as die wêreld gemiddeld van 18 per 100 000. Bestuurders, passasiers, voetgangers, fietsryers en motorfietsryers kan almal van die Padongelukkefonds eis.

Persone wat ‘n eis van die Padongelukkefonds instel is:

• ‘n persoon wat die bestuurder van ‘n voertuig was, maar wat nie uitsluitlik verantwoordelik vir die ongeluk was nie;

• Die bestuurder van ‘n voertuig, maar nie die eienaar daarvan was nie en die eienaar se nalatigheid was die oorsaak van die ongeluk;

• ‘n kind, gade of ander persoon wat afhanklik was van die inkomste van ‘n persoon wat in ‘n ongeluk dood is;

• Passasiers, fietsryers, en voetgangers.

Die uitbetaling vir ‘n geldige POF-eis word deur ‘n aantal faktore beïnvloed, soos die mate waarin jy verantwoordelik is vir die oorsaak van die ongeluk; die aard en erns van jou beserings; die verwagte kort- en langtermyn gevolge van jou beserings; mediese koste en verlies aan inkomste of ondersteuning as ‘n direkte gevolg van die beserings. Die Padongelukkefonds vereis dat ‘n eis binne drie jaar na die motorongeluk indien die besonderhede van die bestuurder/eienaar van die voertuig wat die ongeluk gemaak het bekend is. Indien die identiteit van die bestuurder/eienaar onbekend is, byvoorbeeld in die geval van ‘n tref-en-trap-ongeluk, moet jy die eis binne twee jaar, na die ongeluk indien word.

Om ‘n vroeë skikking aan te moedig, maak die Padongelukkefonds dikwels ‘n aanbod aan die eiser. Alhoewel die aanvaarding van ‘n aanbod van vergoeding aanloklik mag lyk, is die skikking dalk net ‘n klein persentasie van wat jy kan ontvang as jy voortgaan met jou eis. Om ‘n ervare prokureur aan jou sy te hê, kan jou deur die hele proses lei en hou adviseer of ‘n voorstel wat jy ontvang, redelik is of nie.

Artikel deur Jean-Pierre van Zyl, Kandidaat Prokureur

Indien u meer inligting verlang, kontak gerus vir Barend Kruger via emma@rgprok.com of 044 601 9900.

__

Vrywaring
Geen inligting in hierdie publikasie vervat sal geag wees die lewering van regsadvies te wees in spesifieke aangeleenthede nie. Lesers sal verantwoordelik wees om sodanige regsadvies van hulle eie regsspan te ontvang. Hierdie publikasie is slegs vir opvoedkundige en inligtingsdoeleindes.

0

Related Posts

Hoe Artikel 2(3) van…

When it comes to wills, intent can sometimes matter more than strict compliance with form. There are many instances where a person drafts or signs a will, but when the…
Read more

Hoe Artikel 2(3) van…

Intensie kan meer gewig dra as die vormvereistes wanneer dit by testamente kom. Daar is baie gevalle waar ’n persoon ’n testament uitvoer maar wanneer dit by die beredding van…
Read more

ONROERENDE EIENDOM KOOPKONTRAKTE –…

Opskortende voorwaardes in 'n koopkontrak vir onroerende eiendom is klousules wat die werking van die kontrak opskort totdat 'n bepaalde voorwaarde nagekom word. Algemene voorbeelde sluit in dat die koper…
Read more