DIE IMPAK VAN SOSIALE MEDIA OP SPORTATLETE

DIE IMPAK VAN SOSIALE MEDIA OP SPORTATLETE

Sosiale media het moontlikhede binne die sportbedryf geskep, beide vir geleentheid en risiko. Die potensiële risiko’s van plasings deur sportatlete op sosiale media-platforms kan lei tot duur litigasie, tensy dit behoorlik beheer en bestuur word.

Vir die meerderheid van die bevolking is sport ‘n tydverdryf wat as ‘n nie-beroepsgerigte ontspanningsaktiwiteit gespeel word of op televisie of ander mediaplatforms gekyk word as deel van ‘n gesonde leefstyl. Vir klein groep geseënde individue is dit ‘n manier om ‘n bestaan ​​te maak. Sport as ‘n professionele beroep vereis fisiese vaardigheid, toewyding, konsentrasie en geestelike fokus en dus ‘n gedissiplineerde lewenswyse wat onder andere die regte dieët, oefen en slaap insluit. Vir sulke persone kan ‘n oomblik se verslapping in fokus of konsentrasie op sosiale platforms, wanneer dit by plasings kom, erge nagevolge inhou.

Sportatlete moet hul loopbaan en verdienstepotensiaal gewoonlik oor ‘n kort tydperk maksimaliseer en daarom verkoop baie van hulle ook hul beeld as handelsmerk- en produkonderskrywing of gebruik sosiale media as ‘n platform om winsgewende verdienste te skep en bring daardeur risiko’s verbonde aan sosiale media-platforms en plasings daarop te weeg.

Weens die skaarste aan suksesvolle atlete en/of die kort duur van ‘n professionele loopbaan, moet spelers in sekere sportsoorte hul sportverwante verdienste met ander werke aanvul of sport heeltemal as ‘n beroep laat vaar en dit is hoekom sportatlete poog om verskeie inkomstestrome te skep, deur verskillende tipes bronne te gebruik (bv. sosiale mediaplasings), terwyl die geleenthede nog beskikbaar is.

Wanneer ons diep na sosiale media en die impak daarvan op sportatlete kyk, is dit duidelik dat normale mense ook deur sosiale media beïnvloed word en nie net deur sportatlete nie. Dit is omdat jy ‘n blik kan kry van hoe dit is om geld te hê, beroemd te wees en ‘n luukse lewe te geniet met net die tik van ‘n vinger.

Daardeur word Jan Publiek ‘n kykie gegee in die dag van die lewe van ‘n sportatleet saam met miljoene ander honger volgelinge op toeps soos Twitter, Instagram en Facebook. Hierdie volgelinge is nie altyd daar om konstruktiewe redes nie, maar eerder om die held of sportstêr te probeer afbreek. Sommige word selfs gehuur om ‘n negatiewe impak te maak. So ‘n negatiewe impak kan die potensiaal inhou om die reputasie en loopbaan van ‘n atleet te vernietig. Sommige sportatlete deel alles op sosiale media, onder andere vakansies, verlowings en geleenthede. Sommige huiwer ook nie om opinies te gee, hul oortuigings te deel en insette oor sekere sake te lewer nie. Dit groot gevaar inhou sou die sleggesinde persoon hierdie inligting vind en dit teen die betrokke atleet gebruik.

In die geval van Voula Papachristou, is Griekeland se driesprongkampioen uit die 2012 Olimpiese Spele in Londen geskors weens ‘n twiet wat ‘n vergelyking met siekte en mede-deelnemers uit Afrika getref het: “with so many Africans in Greece, at least the West Nile mosquitoes will be eating food from their own home.” Sy het Afrika-migrante gespot en steun uitgespreek vir ‘n verregse politieke party, wat veroorsaak het dat sy geskors is selfs voor die begin van die spele. Sy het om verskoning gevra, maar die skade was aangerig.

‘n Ander teksboodskap-dispuut, waar die mag van sosiale media ‘n vernietigende rol gespeel het, was in die geval van Kevin Pietersen, ‘n voormalige Engelse krieketspeler. Pietersen is in die somer van 2012 vir die Derde toets teen Suid-Afrika geskors nadat dit geblyk het dat hy boodskappe aan die spelers in die Suid-Afrikaanse kamp gestuur het.

In die geval van Damian De Allende, het die Springbok-senter om verskoning gevra nadat hy ‘n rugbyondersteuner wat sy vertoning teen Argentinië aangeval het, gekritiseer. Twitter was aan die gons nadat die Springbokke in 2016 met 26-24 teen Los Pumas in Salta verloor het. ‘n Rugbyaanhanger het die Springbokke se vertoning aangeval en De Allende en Johan Goosen uitgesonder en getwiet: “I’ve reflected upon that terrible 80 min. I blame our defense. Leaving 14 point on the field did not help either. @Springboksen “Also passing would not kill us. Our Wings are currently spectators. *cough* @Doogz *cough* @Goose10Johan *cough*“. ‘n Ontstelde De Allende het toe gereageer en getwiet: “Cough some more while you sit on your couch and enjoy your life doing nothing.” De Allende het later die twiet uitgevee en om verskoning gevra. Hierdie moontlike teksdispuut was gelukkig vroegtydig hanteer en kon die negatiewe impak beperk word.

Kaizer Chiefs se bestuur het glo ook vir Itumeleng Khune (maar dit is onbekend wanneer), hul doelwagter en Suid-Afrikaanse sokkerspeler, versoek om plasings óf antwoorde aan sy ondersteuners op sosiale media platforms te verminder. Khune, ‘n gereelde gebruiker van Twitter en Instagram, het toe dit so gedoen. Daar is gesê dat sy deurlopende plasings op sosiale media-platforms sy spel beïnvloed het, aldus die versoek in ‘n poging sodat Khune op sy spel kan fokus.

 

Sosiale media verander die manier waarop sportatlete, klubs en aanhangers met mekaar kommunikeer. Van regstreekse twiet-speletjies, die skep van snaakse memes en ‘cheerleading’ vanaf die websfeer, kyk ondersteuners nie meer bloot na sport nie, en aanhangers kan dikwels nuus en insigte direk vanaf die bron of atleet kry. Vir bondigheid word slegs ‘n paar ongewenste situasies uitgelig, maar is dit duidelik dat indien sportatleet nie hulle deelname op sosiale media platvorms kan beheer en bestuur nie, daar stewige skoolgelde betaal gaan word wat reputasie en loopbaan aanbetref.  Dit lyk of hierdie tipe gevalle en/of situasies geweldig toeneem en hou ‘n gevaar in vir sportatlete of potensiële sportatlete.

Daar is genoeg rede om te glo dat “voorsorg is beter as nasorg” binne die sportbedryf, veral wat die deelname aan sosiale media-platforms aan betref. Dit kan dus, indien dit nie behoorlik oorweeg word nie, ‘n mynveld vir sommige sportatlete inhou en baie maklik die atleet se goeie reputasie en publieke beeld beskadig.

 

ARTIKEL DEUR MARINUS BARNARD: Jnr Assosiaat (LL.B)

Vir meer inligting kontak gerus vir Marinus Barnard by marinus@rgprok.com of 044 601 9900.

__

Vrywaring
Geen inligting in hierdie publikasie vervat sal geag wees die lewering van regsadvies te wees in spesifieke aangeleenthede nie. Lesers sal verantwoordelik wees om sodanige regsadvies van hulle eie regsspan te ontvang. Hierdie publikasie is slegs vir opvoedkundige en inligtingsdoeleindes.

4

Related Posts

Hoe Artikel 2(3) van…

When it comes to wills, intent can sometimes matter more than strict compliance with form. There are many instances where a person drafts or signs a will, but when the…
Read more

Hoe Artikel 2(3) van…

Intensie kan meer gewig dra as die vormvereistes wanneer dit by testamente kom. Daar is baie gevalle waar ’n persoon ’n testament uitvoer maar wanneer dit by die beredding van…
Read more

ONROERENDE EIENDOM KOOPKONTRAKTE –…

Opskortende voorwaardes in 'n koopkontrak vir onroerende eiendom is klousules wat die werking van die kontrak opskort totdat 'n bepaalde voorwaarde nagekom word. Algemene voorbeelde sluit in dat die koper…
Read more