Die Wet op Intestate Erfopvolging is ongrondwetlik verklaar

Die Wet op Intestate Erfopvolging is ongrondwetlik verklaar

“ I am convinced and it is in my view that traditionally it is women who stand to suffer after years of dedication and support to the livelihood of a permanent life partnership they end up being left in the cold, stripping them of their dignity whilst the same-sex life partnership in the same boat as they stand to benefit, that is an infringement of the right to equality of the heterosexual life partnership.” – Jane Bwanya v The Master of the High Court and Others

In die bogemelde hofsaak het die Hooggeregshof beslis dat die Wet op Intestate Erfopvolging ongrondwetlik is insover dit diskrimineer teen individue in ‘n heteroseksuele saamwoon-verhouding. Hierdie wetgewing word gelees om heteroseksuele lewensmaats uit te sluit by automatiese vererwing in die geval waar een van die individue intestaat tot sterwe kom. Voor hierdie beslissing het die Wet op Intestate Erfopvolging slegs voorsiening gemaak vir homoseksuele lewensmaats om te erf in die geval waar een van die individue tot sterwe kom sonder om ‘n geldige testament na te laat.

Jane Bwanya, ‘n huishulp, het 6 jaar gelede verlief geraak op ‘n ryk sakeman. Gedurende Junie 2014 het hulle saam in een huis ingetrek met die bedoeling dat hierdie saamwoon op ‘n permanente basis sou wees. Bwanya beweer dat sy en die oorledene planne gehad het om saam ‘n skoonmaakdiens te begin en het ook oorweeg om ‘n familie te begin. Gesamentlike vriende van Bwanya en die oorledene het ook getuig dat hulle verhouding een was van erns. Die oorledene was verantwoordelik vir die finansiële behoeftes van die huishouding en het nie van Bwanya verwag om finansiëel by te dra nie. In ruil daarvoor het Bwanya liefde, omgee en emosionele ondersteuning gebied. Bwanya en die oorledene het verloof geraak in November 2015 en begin beplan om Zimbabwe toe te reis om Lobolo onderhandelinge te begin toe die oorledene skielik in April 2016 afsterf.

Regter Magona het beslis dat die bewyse voor die hof oortuigend is en dat daar daar geen rede bestaan om te twyfel in die erns en stabliteit van hul verhouding en die bedoeling dat die verhouding permanent van aard was nie. Hy het verder ook beslis dat Artikel 1(1) van die Wet op Intestate Erfopvolging ongrondwetlik en daarom ook ongeldig is aangesien dit, onregmatig, die individu in ‘n heteroseksuele saamwoon-verhouding uitsluit om te erf waar die ander individu intestaat afgesterf het. Die wetgewing sal gevolglik voortaan gelees word om sodanige individue in te sluit by die lees van die wetgewing.

Hierdie beslissing is verseker ‘n groot mylpaal in die erkenning van die regte van individue in ‘n hetereoseksuele saamwoon-verhouding binne die Wet op Intestate Erfopvolging. Alhoewel dit ‘n mylpaal is wat wel gevier moet word, moet individue egter nooit die belangrikheid vergeet daarvan om ‘n geldige testament na te laat, wat aandui hoe hul bates moet vererf, nie.

Artikel deur Erika Oosthuizen – Kandidaat Prokureur
Vir meer inligting kontak gerus Rauch Gertenbach by 044 601 9900 of office@rgprok.com . www.rgprok.co.za

Rauch Gertenbach het van 1 November 2020 ook kantore in Danabaai en sal “bevrou” word deur Janel Kruger, as toegelate prokureur en MC Swart as Sekretaresse / Paralegal.

0

Related Posts

Hoe Artikel 2(3) van…

When it comes to wills, intent can sometimes matter more than strict compliance with form. There are many instances where a person drafts or signs a will, but when the…
Read more

Hoe Artikel 2(3) van…

Intensie kan meer gewig dra as die vormvereistes wanneer dit by testamente kom. Daar is baie gevalle waar ’n persoon ’n testament uitvoer maar wanneer dit by die beredding van…
Read more

ONROERENDE EIENDOM KOOPKONTRAKTE –…

Opskortende voorwaardes in 'n koopkontrak vir onroerende eiendom is klousules wat die werking van die kontrak opskort totdat 'n bepaalde voorwaarde nagekom word. Algemene voorbeelde sluit in dat die koper…
Read more