BELANGRIKE KENNISGEWING

BELANGRIKE KENNISGEWING

Beste klante,

Namate die COVID-19-virus in die Wes-Kaap vorder, wil ons u in kennis stel dat ons oop bly vir besigheid, maar steeds ons deel doen ten opsigte van beide u veiligheid sowel as ons eie.

Let asseblief op die volgende:

  • Binne die ontvangs area van beide ons praktyke, Mosselbaai en George, sal daar sanitêre stasies wees en besoekers en personeel sal uitdruklik gevra word om dit te gebruik.
  •  

  • Ons beperk konsultasies binne ons kantore vir almal se veiligheid en probeer waar moontlik, konsultasie per Skype of telefoon te doen.
  •  

  • Dit spyt ons dat ons geen kantoor-konsultasie sal toestaan aan kliënte wie binne die laaste 21 dae buite die grense van Suid Afrika gereis het nie en sal dit dienooreenkomstig skeduleer. Kliënte sal spesifiek hierna gevra word voordat enige afspraak gemaak word.
  •  

  • Goeie algemene higiëne-gewoontes, soos aanbeveel word deur die Wêreld Gesondheids-Organisasie, om die verspreiding van aansteeklike siektes (insluitend coronavirus), te voorkom word ten sterkste aanbeveel, bv, gereeld handewas vir ten minste 20 sekondes, gebruik gereeld sanitasiemiddels wat ten minste 70% alkohol bevat op u hande en vermy om die oë, neus en mond aan te raak met ongewaste hande.
  •  

    Verder beveel ons aan dat u korrekte en akkurate inligting bekom vanaf die relevante regerings-webtuistes en advies dienooreenkomstig sal volg.

    Bly veilig en gesond te midde van COVID-19.

    Rauch Gertenbach Prokureurs

    0

    Related Posts

    Hoe Artikel 2(3) van…

    When it comes to wills, intent can sometimes matter more than strict compliance with form. There are many instances where a person drafts or signs a will, but when the…
    Read more

    Hoe Artikel 2(3) van…

    Intensie kan meer gewig dra as die vormvereistes wanneer dit by testamente kom. Daar is baie gevalle waar ’n persoon ’n testament uitvoer maar wanneer dit by die beredding van…
    Read more

    ONROERENDE EIENDOM KOOPKONTRAKTE –…

    Opskortende voorwaardes in 'n koopkontrak vir onroerende eiendom is klousules wat die werking van die kontrak opskort totdat 'n bepaalde voorwaarde nagekom word. Algemene voorbeelde sluit in dat die koper…
    Read more