Is jy seker jou besigheid is “GESOND”?
Baie maatskappye bevind hulleself onder finansiële druk in vandag se uitdagende ekonomiese omstandighede en komplekse handelsomgewing. Dit is van uiterste belang dat direkteure en / of eienaars van ondernemings gereeld die “kritiese maatstawwe” van hulle besigheid nagaan om te verseker dat die besigheid gesond is en onmiddellik gepaste aksie en besluite neem wanneer dit aan die lig kom dat hulle besigheid in finansiële nood verkeer. Daardeur kan kundige kennis en advies betyds ingewin word en ‘n reddingsplan geformuleer en in werking gestel word om die besigheid weer in ‘n stabiele en gesonde posisie te plaas, voordat formele prosesse soos sakeredding of likwidasie hoef plaas te vind.
Die volgende is sommige van die kritiese vrae wat elke besigheidseienaar of Direkteur hulleself moet afvra:
Genereer my besigheid genoeg wins en gepaardgaande kontant om verskaffers, personeel en belasting te betaal soos en wanneer dit verskuldig raak?
Indien u antwoord NEE is op enige van hierdie vrae, bestaan ‘n sterk moontlikheid dat u besigheid bestem is vir moeilike tye en oppad is na intensiewe sorg of die lykshuis.
Hier volg ‘n paar eenvoudige wenke:
Indien u wil seker maak dat u nie enige kritieke gevaartekens in u besigheid mis nie, kontak gerus vir Danie Acker of Basson Piek at 044 601 9900 / office@rgprok.com / www.rgprok.co.za .




